Slide background

Nederlaag met 66-12 in die Hage Geingob stadion

Die Xerox Goue Leeus se ondervinding as kampioene van die Curriebeker het duidelik geblyk toe hulle die Windhoek Draught Welwitschias 'n nederlaag met 66-12 in die Hage Geingob stadion toegedien het.
Die Namibiërs se tuisvoordeel voor 'n opgewonde skare was nie genoeg om die Leeus te weerstaan nie, wat dié keer veel meer klinies op die aanval was ná die erge kritiek wat deur hul skoknederlaag laas naweek teen die Grens Bulldogs ontlok is.

Die beter gekondisioneerde Gautengers het reeds ná 28 minute hul bonuspunt met hul vierde drie ingepalm om pad na hul voorsprong van 38-5 met rustyd. Die Leeus het uiteindelik tien drieë teen twee gedruk.
Riaan van Zyl, in die beginspan nadat Malcolm Moore in die opwarming sy dyspier beseer het, het sommer vroeg sy eerste drie in 'n senior Namibiese trui gaan druk. Hyself het die teenaanval aan die gang gesit en het Russell van Wyk deur die volgende gaping gestuur, voordat hy Van Wyk se aangee op die grond raakgevat en op volle vaart die laaste verdediger saam met hom doellyn toe geneem het.
Van Zyl, wat die skaal op 'n ongelooflike 59 kilogram trek, se vlugvoetigheid het duidelik die verbeelding van die Windhoekse skare aangegryp wat sy drie met dreunsang van "Riaan! Riaan!" begroet het.
Darryl de la Harpe, senter, het die Welwitschias se tweede drie in die 53ste minuut gaan druk, maar dit was uiteindelik nie genoeg teen die aanslag van Ruan Lerm se manne nie. Lerm is agterna as speler van die wedstryd aangewys.
Rohan Kitshoff se Welwitschias se volgende wedstryd is komende naweek teen die Haaie in Durban.

Foto: Riaan van Zyl word geluk gewens deur Léan Stoop, sy klubmaat, na afloop van die provinsiale wedstryd teen die Leeus.

Source: REPUBLIKEIN

13000216 1180257155319982 5196772666903596081 n

Namibia Rugby Players

  Jacques Burger

Jacques Burger

Position: Loose-forward
Date of Birth: 29.07.1983
Place of Birth: Windhoek
Weight: 105 kg
Height: 1.88 m
Club: Saracens (UK)
Caps: 33
Debut: 14.08.2014

Read more

NRU on Facebook

Official Sponsors

Windhoek DraughtWindhoek Draught
First National BankFirst National Bank
Air NamibiaAir Namibia
Paratus TelecomParatus Telecoma
Auas-MotorsAuas-Motors